Home Schooling Events & Exhibitions in South Africa 

Tuisskool Gebeure & Uitstallings in Suid-Afrika 



Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Resources in South Africa | Go to Bottom


TUISONDERWYS MET VERTROUE

30 Julie 2011

Temas:

�Watter kurrikulum moet ek kies?���Leer my kind genoeg?���Doen ek dit reg?��� Sal ek die mas opkom?���Gaan die regering my tuisonderwys stop?���M��t ek eksamens doen?���Wat van kwalifikasies?���M��t ek by die onderwysdepartement registreer?���Mag ek wettiglik tuisskool?���Wat van Matriek?�

Ontwikkel goeie insig in die opvoedkundige beginsels van tuisonderwys en die regte van tuisskolers aan die hand van ruimskootse praktiese voorbeelde en raad.

Kom kry gemoedsrus en moed!

Aanbieders:

Leendert van Oostrum beoefen, bestudeer en bevorder tuisonderwys al vir die afgelope twintig jaar saam met Karin, sy vrou. Hulle was direk betrokke by die stigting van al die tuisskoolverenigings en van die Pestalozzi Trust, en Leendert het baie (van die goeie dele!) van die wet op tuisonderwys geskryf.

Oor meer as �n dekade het Leendert en Karin duisende gesinne oor tuisonderwys geadviseer. Hul eie kinders (13, 17 en 23) het nog nooit �n privaat- of staatskool bygewoon nie.

Leendert het vir dertig jaar in akademiese en werksomstandighede met jongmense gewerk, waar hy die uitwerking van skoolonderwys op hul ontwikkeling kon waarneem. Sy navorsing oor tuisonderwys is die eerste navorsing op hierdie gebied in Suid-Afrika wat met �n nagraadse kwalifikasie bekroon is (M.Ed cum laude).

Hierdie verhandeling word in byna alle daaropvolgende plaaslike navorsing oor tuisonderwys aangehaal.

Hy het voorleggings gedoen in die nasionale en provinsiale parlemente aangaande die voordele en praktyk van tuisonderwys, en getuig ook gereeld in hooggeregshowe waar tuisonderwys onder skoot kom.

Hy tree gereeld in nasionale en internasionale TV- en radioprogramme oor tuisonderwys op, en word dikwels in koerant- en tydskrifartikels aangehaal. Hy was jare lank die aanbieder van �n weeklikse radioprogram oor die onderwys.

Karin geniet dit baie om haar kinders te tuisskool. As sekretaris van die Pestalozzi Trust is sy verantwoordelik vir die algemene en finansi�le administrasie daarvan. Cornelia, hul oudste dogter, is besig met die laaste jaar van BMus, onderrig viool in haar eie ateljee en by twee privaatskole, speel graag in orkeste en rig verskillende skool- en gemeenskapsorkeste af. Uda en Katrina, hul ander dogters, is baie lief vir perde, en geniet dit ook om in orkeste te speel en ballet te doen. Uda gee ook les in altviool en musiekteorie. Die kinders is stoere kampvegters vir tuisonderwys, en beplan om hul eie kinders eendag te tuisskool.

Tyd en Plek: 09:30 vir 10:00 � 17:00 (middag-ete van 13:00 tot 14:00)

Nature Kids Kleuterskool, Adelestraat 273,

Grootsfoneinlandgoed (naby Tiegerpoort, Pretoria).

Toegangsfooi:

Lede: R90 per gesin vir gesinne wat lid is van die regsfonds. (LW: Nuwe lede moet reeds teen 27/07/2011 aansoek gedoen het om lidmaatskap om

die werkswinkel teen die toegangsfooi vir lede te kan bywoon.)

Nie-lede: R390 per gesin. (Gesinne wat op die dag van die werkswinkel aansluit, ontvang �n gratis kopie van �n tuisskoolboek.)

Kinders welkom, maar ouers is verantwoordelik vir hul kinders se gedrag en veiligheid. Grootouers word beskou as lede van die gesin. Bring �n piekniekmandjie saam vir middag-ete. Koffie en tee sal verskaf word.

Besprekings: Sluit 27/07/2011.

LW: Slegs gesinne wat bespreek het, sal in kennis gestel word indien die program verander of gekanselleer word.

Om te bespreek: Deponeer asseblief u fooi met u naam en die datum van die seminaar as verwysing. Faks of e-pos dan �n bewys van u betaling so spoedig moontlik saam met u naam, telefoonnommer(s), en eposadres na (011) 507 5997, of e-pos dit aan  karin@pestalozzi.org

Rekening: Pestalozzi Trust, ABSA, 4048112677,  Takkode: 335545 (Hatfield), tjekrekening.

LW: Persoonlike konsultasies is ook beskikbaar, teen �n laer tarief vir lede van die Pestalozzi Trust en vir diegene wat binne die afgelope 2 jaar ons werkswinkels bygewoon het.

Navrae: karin@pestalozzi.org of 012 330 1337.

(Ander werkswinkels: Jan-Kempdorp 20/08/2011.)

Pestalozzi Trust (IT6577/98)

die regsfonds vir tuisonderwys

Posbus 12332 Queenswood Pretoria 0121 Tel: (012) 330 1337 Faks: 011 507 5997

E-pos:defensor@pestalozzi.org  Web: www.pestalozzi.org

 Navrae / Inquiries:    Navrae: karin@pestalozzi.org of 012 330 1337
Laai hierdie brosjure in pdf formaat af

 


Gifted Hands
This is one of few movies I will recommend - Johan Grobler

 

This is a community service with Free Listings. To add your site send an e-mail to free listing request if your are a resource supplier to home schoolers.


Go to Top | Back to National Events | Home Schooling Resources in South Africa | Go to Bottom


Animations supplied by Webpromotion - 3D Web Animation
CaTS Logo
Webdesign by C.a.T.S. Pty Ltd
Comments to Webmaster
Page Layout Last Updated : 15 July, 2011
Copyright � 1998,1999,2000,2001,2002,2003,2004 ....2010  C.a.T.S.Pty Ltd